Kniha Vêr Paaie Coen Vollgraaff

Vêr Paaie

Jazyk: Afrikánština
Vazba: Brožovaná
Dostupnost: Skladem u dodavatele
Odesíláme za 9-15 dnů
250
In Coen Vollgraaff se bundel, Vêr Paaie, doen hy beslis net dit. Hy neem sy leser op vêr paaie waar...

Informace o knize

Jazyk
Afrikánština
Vazba
Kniha - Brožovaná
Vydáno
2023
Stránek
160
EAN
9798392631841
Enbook ID
50988694
Hmotnost
194
Rozměry
140 x 216 x 9

Kompletní popis

In Coen Vollgraaff se bundel, Vêr Paaie, doen hy beslis net dit. Hy neem sy leser op vêr paaie waar hy as mens geloop het deur die jare. Hy neem jou deur Namibië, maar ook deur die Karoo. Oor vlaktes en oor heuwels, soms waar die dorre aarde uitroep na uitkoms en ander tye na die dankbare grond wat geil na die reën gedy.

In hierdie bundel kry jy 'n kykie in die mens, maar ook die man, Coen Vollgraaff se hart. Sy liefde vir die natuur, vir musiek, vir die mense wat vir hom kosbaar is, asook die diep kant van sy emosies sal jy hier raak lees. Soms sal jy uitbundig wil lag, en jou verbeel jy is besig om saam met hom deur die veld te stap, dit te ruik en die vrede te ervaar. Ander male sal jy die seer wat die lewe uitdeel voel, die trane sien en voel asof hy van jou lewe skryf.

Daar is baie min mense wie nie hul eie spore in die pad wat hy hier met woorde uitbeeld, sal herken nie. 'n Uitmuntende stuk werk sonder tierlantyntjies, in hartswarm Afrikaans geskryf. 'n Moet-lees vir enige persoon wat 'n liefde vir Afrikaans het.

Geniet jou reis saam met Coen Vollgraaff.